Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Novo word nou Colors Packhouse

Novo word nou Colors Packhouse
 
2010-05-06

Sieb Sieberhagen

DIE vrugtepakhuis wat verlede jaar in die Paarl afgebrand het, word tans herbou en sal teen volgende maand heropen.

Die eerste fase van die nuwe Colors Packhouse (voorheen bekend as die Novo-pakhuis) in die Daljosafat-nywerheidsgebied gaan sy nuwe produksielyn afskop met die verpakking van steenvrugte soos pruime, appels en pere asook nektariens.

Dié pakstoor is deel van die Colors Food Group.

Dié nuwe pakhuis word opgerig op die plek waar die Novo-pakhuis verlede jaar in ’n brand verwoes is.

Die alles-onder-een-dak-pakhuis van R125 miljoen se finale fase sal volgens alle aanduidings eers in 2012 voltooi wees, sê Rudi du Toit, bestuurder van Colors Packhouse.

“Wanneer die pakhuis voltooi is, gaan ons meer as 300 personeellede hê wat hier gaan help. In Junie gaan ons reeds die eerste produksielyn aktiveer waar 150 mense werksaam sal wees.

“Die tweede fase, wat ’n voorsorteer-aanleg met paklyne en koelkamers insluit, sal daarna voltooi word. Dié aanleg is ook in oorleg met WSP Greenby Design ontwerp sodat dit uit ’n omgewingsimpak-oogpunt reg sal funksioneer,” sê hy.

Dié pakhuis is ontwerp deur die argitek Johan Wessels, die hoofkontrakteur is Murray & Roberts en die raadgewende ingenieurs is Element Consulting.




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za