Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Totsiens en Bonjour vir Wes-Kaap kaasmakers

Totsiens en Bonjour vir Wes-Kaap kaasmakers
 
2010-05-06


TWEE plaaslike inwoners is onder die vier kaasmakers wat op 22 April hulle vliegtuigkaartjies na Frankryk ontvang het van mnr Gerrit van Rensburg, die Minister van Landbou in die Wes-Kaap.

Een van die vier wat Boergondië in September en Oktober sal besoek, is Nellie Fisher van Dalewood Fromage naby Klapmuts.

Sy is op ’n naburige plaas gebore en het sedert 1997 in die kaasmakery gewerk. Sy toon ’n uitstekende vermoë om die seisoenale veranderinge wat in melk plaasvind, te verstaan.

Leonard Majampa van die Rhodes Food Group, werk reeds die afgelope agt jaar in die Rhodes melkery, ’n kortpad vanwaar Nellie is. Sy aandag aan detail is een van die belangrikste eienskappe wat ’n kaasmaker behoort te hê.

Die ander kaasmakers is Doreen Blom van Alfalfa Melkery buite Worcester en Clarence Job van Ladismith Kaas in Ladi­smith.

Die Wes-Kaap is die belangrikste kaasmaakstreek in Suid-Afrika - meer as 50% van alle kaas word tussen Kaapstad en Plettenbergbaai gemaak.

Dit verbaas dus nie dat die provinsiale Departement van Landbou die dryfveer agter die Wes-Kaap/Boergondië Kaasmaakbeurs, wat deel is van ’n bilaterale samewerkingsooreenkoms tussen die Wes-Kaap en Boergondië, is nie.

Sedert 2005 stel die Departement hierdie beurs aan leerling-kaasmakers beskikbaar en is daar reeds 20 van hulle in Frankryk opgelei in die fynere kunsies van kaasmaak.

Die vier leerlingkaasmakers is gekies uit aansoeke vanaf die 42 Wes-Kaap kaasmakerye en vertrek op 17 September om ’n drieweke lange teoretiese en praktiese kursus by die Centre de Formation Professionnelle et de Promotion Agricole (CFPPA) te deurloop.

Die kollege is buite die prentjiemooi dorpie Davayé in Boergondië geleë. Die kursus vir die Suid-Afrikaners is ontwikkel deur CFPPA in samewerking met Agri-Expo. Kobus Mulder, Agri-Expo se Bestuurder: Suiwel vergesel jaarliks die leerlingkaasmakers om hulle te help om die kulturele en tegniese aspekte in Frankryk baas te raak.

Vorige beurswenners het hulself onderskei deur verskeie nuwe en verbeterde kase te ontwikkel en dieselfde word van die 2010 groep verwag. Hulle wil almal graag daardie een kaas maak wat kaasliefhebbers na hulle asems sal laat snak.




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za