Party maak skoon, ander mors
2010-05-06
VOLGENS Paarl Post van 25 Maart het Wellingtonners besluit om die dorp skoon te maak. Hulle moet egter let op die duiwel en al sy trawante (bose geeste en morsiges) wat die dorp binneval uit al die uithoeke van die omgewing op ’n Vrydagnamiddag en Saterdagoggende. Die dorp is redelik skoon in die omgewing van Railway Hotel tot by ou Bloch’s deur die week, maar op ’n Saterdagoggend sien mens die letsels wat die omgewing aangedoen is deur die hel se engele. Dis drankbottels, papiere en noem maar op, plus weer drankbottels. Moontlik is dit die morsiges wat besig is om werk te skep. Blykbaar weet hulle nie waarvoor vullisdromme daar is nie. Opvoeding begin vroeg in die lewe - duidelik geskied dit nie by hierdie mense nie. Moet ons die ouers of die onderwysers blameer? Word ons kinders ooit geleer om vullis op te tel? G.I.F. Appel
More
News
|