Vergeetagtigheid verby!
2010-05-06
IN September 2005 het ek ’n nuwe bakkie gekoop en was kort daarna, met net 800 km op die klok, betrokke by ’n ongeluk in die Franschhoek-pas en die paneelkloppers moes hom toe regmaak. Nou, vyf jaar later, hoor ek ’n snaakse geklop net mooi waar hulle daardie tyd gewerk het. Ek was self ’n paar keer onder die voertuig in, maar kon nie die oorsprong van die geklop vind nie. Ten einde raad gaan ek toe maar na ’n paneelklopper vir raad. Ook hy het kop gekrap totdat hy die voetstaander by die petroltenk oopmaak. En wat ’n fonds - daar lê die gereedskapstuk van die paneelklopper wat die herstelwerk vyf jaar terug gedoen het, nog net so! So dit is nie net snydokters wat some hul “tools” in die “pasiënt” vergeet nie. Verstom
More
News
|