Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Nóg 'n kerkmuseum?

Nóg 'n kerkmuseum?
 
2010-05-06


NA aanleiding van die hele bohaai oor die Strooidak-gemeente se samesmelting met Drakenstein NG gemeente en die informele diens wil ek graag ’n paar punte uitlig.

As jy deur Europa reis en die antieke kerkgeboue besigtig, kom jy agter dat die meerderheid van hierdie geboue na honderde jare niks meer as ’n museum geword het nie. In sekere gevalle selfs nagklubs!

Dit bewys dat as enige gemeente nie met sy aanbieding van die Woord met die tye aanpas nie, sal die meeste mense belangstelling verloor. Let wel: God se Woord bly dieselfde, maar die aanbieding daarvan moet aanpas by die tye.

Mense by Strooidak kan self kies of hul “informeel” wil aanbid of op ’n meer “tradisionele” manier. Niemand word geforseer nie.

As jy gaan vra sal jy besef dat die meeste lidmate oortuigend positief is oor die pad vorentoe. Enige vorm van verandering is baie swaar vir die mens en gevolglik word vernuwingsprosesse as ’n bedreiging gesien.

Handelinge 5:38-39 lui: “En nou sê ek vir julle, bly af van hierdie manne en laat hulle staan, want as hierdie voorneme of hierdie werk uit mense is, sal dit vernietig word, maar as dit uit God is, kan julle dit nie vernietig nie - dat dit nie miskien bevind word dat julle selfs teen God stry nie.”

Pro-samesmelting




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za