Hoekom geld uitgegee?
2010-05-06
GRAAG wil ek net van die Drakenstein Munisipaliteit verneem waarmee hul besig is. Ek verwys na die span van so ongeveer 20 jongmense van Grassy Park, Bonteheuwel en Bishop Lavis wat by die taxi-staanplekke in die Paarl opnames doen. Ons verneem by monde van hulle dat die Raad hulle aangestel het om die taxi’s te monitor oor hoeveel mense per dag taxi’s neem. Ekself sien dit as ’n vermorsing van belastinggeld, want daar was al in die verlede sulke optrede en wat het daarvan gekom? Net niks. En tweedens, het Paarl, Wellington of Franschhoek dan nie jongmense wat ook werkloos is nie? Waarom buitemense aanstel as hier so baie werklose jongmense rondloop op soek na werk? Daar is nie geld om toilette op die rank te bou nie (by Shoprite), maar hulle het geld vir sulke dinge. Taxi-kliënt
More
News
|