Truuk om water vuil te laat lyk
2010-05-06
NA aanleiding van ’n berig oor “verkleuring” in die Paarlse water om die aankoop van filters te bevorder, die volgende: Daar is verskeie truuks wat mense gebruik om skoon water vuil te laat lyk. Gewone kraanwater bevat ione in oplossing en as gevolg daarvan kan dit ’n elektriese stroom gelei indien ’n mens ’n katode en anode in die water plaas en dienooreenkomstig korrosie veroorsaak wat die water dan vuil laat lyk. Gedistilleerde water (bevat nie ione nie) kan nie elektriese stroom gelei nie en dieselfde reaksie sal dus nie plaasvind indien ’n anode en katode in die water geplaas word nie, en die water sal gevolglik skoon lyk. Jan Alleman weet bogenoemde ongelukkig nie en daarom kan hulle maklik mislei word deur verkoopslui van filters. Waterkenner
More
News
|