Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Huis Cummings onder die loep

Huis Cummings onder die loep
 
2010-05-06

Christine Siebrits

NADAT Huis Cummings gedurende die nag van 13 Mei 2008 deur ’n verwoestende brand beskadig is, staar die murasie van die gebou nou sy derde winter in die gesig.

Tydens die jaarvergadering van die Vriende van die Wellington Museum Saterdag om 10:00, sal die spreker miskien lig kan werp op die onmiddellike toekoms van Huis Cummings.

Hy is Martiens van Bart, joernalis en kultuurkenner, wat ’n noue verbintenis het met Huis Cummings, waar sy ouma destyds ’n inwoner was.

Die vergadering is aanvanklik geskeduleer om by die Breytenbach-sentrum plaas te vind, maar as gevolg van onvoorsiene omstandighede sal die vergadering nou by die Museum plaasvind.

Bywoning van die vergadering is gratis en almal word uitgenooi om dit by te woon.

Bespreek by Olivia le Cordeur by 021-873-4710 of welmus@telkomsa.net.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za