Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Skolerugbywedstryde se skeidregters pla

Skolerugbywedstryde se skeidregters pla
 
2010-05-06


EK, as oud-WP-skeidsregter, wil my ongelukkigheid uitspreek rakende die skolerugbywedstryde wat in die Paarl en omgewing plaasvind.

Die skeidsregters (meestal onderwysers) tree nie meer op in netjiese en gepaste kleredrag nie. Ek skaam my vir onderwysers, skeids-regters wat lyk soos Kersfeesbome en tente.

Die fiksheid van skeidsregters wat drieë op die kwartlyn staan en toeken, is onder verdenking?

Hoe sien leerders hul as rolmodelle? Ek sien skeidsregters wat met t-hemde, driekwart-kortbroeke met sakke en tekkies blaas.

Skoolhoofde en organiseerders moet besluit op ’n gepaste drag vir gekwalifiseerde skeidsregters en lynregters met ’n “corporate look” (nie net A-spanne) wat die skool en rugby sal eer.

* Dit grief my ook om Saterdag vir Saterdag “onderwyserskeidsregters” te hoor wat netbal- of sokkerfluitjies gebruik op ’n rugbyveld. Ek wonder wat sal mense sę as ek by die gholfbaan opdaag met hokkiestokke? Die rugby-organiseerders doen beslis nie hul werk nie!

Sportorganiseerders en skoolhoofde moet my nie verkwalik as ek in die nabye toekoms op skoolvelde stap en ongepaste fluitjies vervang nie.

* Ek het al telkemale opgelet dat leerders optree as lynregters terwyl daar onderwysers, afrigters en skeidsregters in die rugbyklub staan met lang glase.

Ag nee - ek skaam my vir die luiheid van ons onderwysers. Vlagvat is ’n ernstige werk en hoeveel keer het ek al drieë gesien in hoeke wat nooit toegeken moes word nie en wat ’n besliste uitslag op ’n wedstryde gehad het! Dit doen die pragtige sport van rugby ’n oneer aan!

* Daar is nog steeds wedstryde wat plaasvind sonder al die nodige toerusting of gekwalifiseerde noodhulp.

Die hoekvlaggies is van kardinale belang in ’n beslissing van ’n drie of nie.

Skeidsregters en organiseerders kan nie ’n wedstryd laat begin sonder dat ’n basiese “checklist” deurgegaan is nie soos bv. opgeleide noodhulp, paalbeskermers.

* Dit is skokkend om langs skoolvelde te staan en na die kommentaar, vloek en skel van “opgevoede” mense of ouers te luister.

Dit kweek geen respek nie en ek is nie verbaas dat jongmense nie meer die nodige respek vir leiersfigure het nie.

Wanneer gaan skole duidelike reëls of gedragskodes neerlę en die nodige sekuriteit aanstel om wedstryde professioneel te bestuur sodat almal die aantreklike rugby in trots, beskaafdheid en veiligheid kan aanskou en geniet?

Rugby-ondersteuner




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za