Gesukkel met die verkeersirkel pla my
2010-05-06
DIE onvermoë van bestuurders om die verkeersirkels in die Paarl korrek te gebruik, dryf my tot raserny. Selfs met ’n prentjie langs die pad (voor die sirkel) is dit vir honderde bestuurders steeds te veel van ’n intellektuele uitdaging. Om te dink daar is van hierdie mense wat met nog moeiliker take, soos byvoorbeeld kinders grootmaak, gekonfronteer word! Sover my kennis strek moet alle bestuurders tog ’n K53 toets slaag, maar lyk my dis net die bestuurders met ’n IK van -53 wat deesdae lisensies kry. Die ergste van alles is dat hierdie mense van hul kop af raak van absolute verontwaardiging, wanneer jy vir hulle uitwys hul is verkeerd. Nou toe hier is ’n vinnige les: Jy gebruik slegs die buitebaan as jy die eerste uitgang gaan vat. Klaar. Dis dit. So eenvoudig. As almal die reël gaan volg, het ons geen probleme van mense wat mekaar afsny nie. Dit is natuurlik dieselfde hoogsbegaafde bestuurders hierbo genoem wat ook geheel en al onbewus is van die uiters eenvoudige reëltjie op die N1 naamlik: Hou links en gaan REGS verby. Die regterbaan is nie daar vir jou om ’n “close-up” te kry van die spietkop wat tussen die selonsrose elke dag sit en foto’s neem, in plaas van om die idiote by die verkeersirkel te reguleer nie! Elmarie
More
News
|