OP 14 Mei bied die Wellington Tuinbouvereniging ’n gratis opleidingskursus aan vir tuinwerkers en -beginners by die Breytenbach-sentrum.
Lizette Siderfin sal opleiding gee in die maak van steggies, verdeling van plante, die snoei van plante in die algemeen en vormboompies in die besonder. Skakel 021-873-2985 of 082-562-7788.