Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Grey en Paul Roos moet pasop!

Grey en Paul Roos moet pasop!
 
2010-05-06

Jaco van Wyk

TWEE groot kanonne van Suid-Afrikaanse skole-rugby, Grey College van Bloemfontein en Paul Roos Gimnasium van Stellenbosch, lê eerskomende Saterdag besoek af in die Paarl, waar hulle sal poog om die lewens van twee plaaslike skole te ontsuur.

Dié besoekers sal egter hul storie moet ken, want hul opponente, Hoër Jongenskool en Hoërskool Gimnasium, pak geen span sonder handskoene nie.

HJS huisves Grey op die Brugstraat-velde en Gim verwelkom Paul Roos op Gim se velde.

Vir diegene wat sewesrugby verkies, sal Klein Nederburg Sekondêr hul jaarlikse Sewesrugby-toernooi aanbied, met verskeie plaaslike skole wat sal veg om dié gesogte titel.

) Intussen het plaaslike skole geskitter tydens die afgelope naweek se verskeie kragmetings.

* Hoërskool Gimnasium het op hul tuisveld ’n 26-16 oorwinning behaal teen ’n begeesterde Hoërskool Tygerberg. Die rustydtelling was 12-6 vir Gim.

Gim se driedrukkers was Du Toit Genis, Mynhardt Kitshoff, Jandré Conradie en Christopher Bosch (behaal ook 3 doelskoppe).

* Op die Brugstraat-velde het Hoër Jongenskool ’n 34-10 sege oor Wynberg behaal.

HJS se driedrukkers was Lionel Abrahams, Jean Nel, Leon le Roux en Liam Jardine. Johan Cilliers het 4 doelskoppe en 2 strafdoele behaal.

* Hoërskool Hugenote van Wellington het verlede week twee kragvertonings gelewer, met groot oorwinnings oor Bergrivier (64-6) en Paulus Joubert (50-0).

Hugenote se driedrukkers was (teen Bergrivier) Donovan Jacobs (3 drieë), Maree Kotzé (2 drieë en 7 doelskoppe), JP Jacobs, Frans Cloete, Paul Saayman, Godlin Masimla, strafdrie, (teen Paulus Joubert) Donovan Jacobs, Landloff Theron, Saayman, Claude de Villiers, JP le Roux, JP Jacobs, Masimla (+ 1 doelskop). Ignasius van der Merwe het 5 doelskoppe behaal.

* Klein Nederburg Sekondêr het vir Worcester Gim 21-14 geklop.

KN se driedrukkers was Conwill Cleophas, Cornell van Zitters en Lee-Roy Bitterhout (+ 3 doelskoppe).

* Hoërskool Labori het 6-12 vasgeval teen Porterville.

Labori se Nicol Pienaar het 2 strafdoele behaal.




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za