Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Gim wen internasionale toekenning

Gim wen internasionale toekenning
 
2010-05-06


DIE Hoërskool Gimnasium Paarl, in samewerking met Oslo Handelsgimnasium in Noorweë, is onlangs uit 30 skole aangewys as die wenners van die “Doing it together”-toekenning tydens ’n funksie in Oslo.

Die leerders wat by hierdie projek betrokke was, is Delano Blaauw, Chezelle Burger, Maréli Bronkhorst, Christopher Papenfus, Du Toit Genis en Ilsé Louw. Jeanette Gersbach en Lize Nortier was die projekleiers in Suid-Afrika.

Ses leerders van Gim en ses Noorweegse skoliere het in 2009 gesamentlik die tema “Godsdiens en Spiritualiteit” ondersoek en bespreek.

Die Gimmies het gedurende Mei twee weke in Noorweë deurgebring en in Oktober het die Nore Suid-Afrika besoek om verder aan die tema te werk.

Gedurende die onderskeie besoeke is van diverse bronne gebruik gemaak en verskeie rolspelers besoek.

In Noorweë is die Sami-bevolking besoek en in Suid-Afrika is daar onder andere na Zoeloe-spiritualiteit gekyk.

Omdat beide die skole oor sosio-kulturele grense hulle ondersoek geloods het en ook baie introspeksie moes doen om die eindproduk daar te stel, het die beoordelaars gevoel dat hulle, ten spyte van al die verskille, hierdie sensitiewe tema uitstekend hanteer het en ’n navorsingsverslag opgestel het waarna nog baie verwys sal word.

Benewens ’n pragtige sertifikaat, het die groep ook ’n kontantprys gewen wat in ’n volgende projek teruggeploeg moet word.




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za