Brothers kraai koning
2010-05-06
DIE landelike sokkerspan Eleven Brothers, van Diemerskraal-plaas, het onlangs as kampioene geheers in twee sokkertoernooie - die Wellington Landelike Sokker-unie asook die Fisantekraal-toernooi. In eersgenoemde toernooi het Brothers vir Windmeul 4-0 geklop in die finaal en in laasgenoemde toernooi is Doolhof 3-2 in die finaal verslaan. James Jacobs was een van Brothers se groot uitblinkers. Ander uitblinkers was Hermanus Maferi en Gerrith Daniëls.
More
News
|