Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Pniel klop Peoples in derby-stryd

Pniel klop Peoples in derby-stryd
 
2010-05-06


PNIEL VILLAGERS het Saterdag vir Young Peoples Rugbyklub met 27-14 geklop en sodoende hul eerste oorwinning van die seisoen geregistreer.

In ’n wedstryd wat by tye goeie rugby opgelewer het, het die besoekers beter van hulle kanse gebruik gemaak en met rustyd was Villagers reeds gerieflik voor met 20-0.

Hierteenoor het die Tiere net hulself te blameer vir dié nederlaag, aangesien talle belowende bewegings skipbreuk gely het as gevolg van onnodige aanslane en ongedwonge foute.

Vir die wenspan het Garland Alberts, Villagers se kaptein, sy hart uitgespeel en is welverdiend aangewys as speler van die wedstryd.

Warren Williams het talle goeie lynstaanballe gewen wat goed deur die agterlyn gebruik is om die tuisspan onder druk te hou.

Villagers se skrumskakel, Eugene Francis, het ook ’n goeie wedstryd beleef en kon sy agterlyn flink wegstuur.

Puntemakers vir Pniel was Angelo Nelson, Enrico du Preez en Wade Stubbs (1 drie elk).

Stefanus Cedras het met drie doelskoppe en twee strafdoele geslaag.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za