Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Streekliga: Standards slaan terug

Streekliga: Standards slaan terug
 
2010-05-06

Jaco van Wyk

NÁ Young Standards se skok-nederlaag twee naweke gelede teen Allandale, het eersgenoemde span Saterdag op alle silinders gevuur om met ’n 39-13 verwoesting van Violets alle trots te herwin.

Om dié sege in perspektief te plaas, het Standards met ses drieë teenoor een voortreflike rugby opgedis.

Violets het egter vroeg reeds na die gevaarliker span gelyk met 13 onbeantwoorde punte in die eerste 20 minute van dié wedstryd.

Standards het egter verwoed teruggeveg.

Hoewel Standards vir Lee Scholtz aangewys het as hul speler van die wedstryd, was dit ’n uitstekende spanpoging wat dié oorwinning bewerkstellig het.

Standards se driedrukkers was Conwille Cleophas (2), Charl Hendricks, Emilo Beukes, C van Zitters en Duren White (slaag ook met 2 doelskoppe en ’n strafdoel). Violets II het 8-0 gewen en Violets III het 15-0 gewen.

* Allandale het Saterdag amper nóg ’n streek-skok behaal, dié keer teen die manne van Riverstones. Die uitslag van dié naelbytstryd was uiteindelik 27 elk.

Die woelige flank Naldo Baron het in die eerste 10 minute twee vinnige drieë vir Allandale gedruk om sy span 12-0 te laat voorloop.

Riverstones het egter nie geskrik nie en geantwoord met 3 drieë en ’n strafdoel om die telling op 17-12 te staan te bring.

Nóg twee Riverstones drieë het gevolg, maar Allandale het afgesluit met nóg twee drieë om die louere te deel.

Allandale se puntemakers was Baron (2 drieë), Ralton Fisher (1 drie), Paul Wyman (1 drie), Boon Viljoen (doelskop), Wade Engel (doelskop) en Zain Davids (strafdoel).

* Vineyards het Saterdag met 24-21 afgereken met Albions in ’n taai kragmeting.

Vineyards II en III het ook geseëvier, met 16-13 en 15-7 onderskeidelik.

* Op die Daljosafat A-veld het Young Gardens met 34-32 gewen teen Laer Paarl. Gardens II het 18-8 gewen en Laer Paarl III het 14-13 geseëvier.

* Op hul tuisveld het Simondium Saterdag vir Pêrel United met 29-5 afgestof. Simondium II het 17-0 gewen en Simondium III het 15-5 gewen.

Saterdag (8 Mei) se wedstrydbepalings is: Riverstones vs Violets (Daljosafat-stadion); Standards vs Gardens (Dal C), Laer Paarl vs Windmeul (Windmeul), Pêrel United vs Vineyards (Dal B). Simondium het ’n loslootjie.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za