Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Verslaan, maar nie vernietig

Verslaan, maar nie vernietig
 
2010-05-06

Jaco van Wyk

ONDERSTEUNERS van die Boland Kavaliers reageer vandeesweek op een van twee maniere, ná hul span se nederlaag teen Vrystaat op die Boland-stadion.

Die ‘glas-half-leeg’-ondersteuner, reageer moedeloos: “Ag nee! Daar verloor Boland in die halfeindstryd van die Vodacombeker-kompetisie.”

Die meer positiewe, ‘glas-half-vol’-ondersteuner, juig egter: “Hemel! Daar vorder Boland al die pad tot die halfeindstryd van die Vodacombeker-kompetisie!”

As mens terugkyk ná waar die Kavaliers hulself bevind het aan die einde van 2009, toe relegasie vanuit die Curriebeker-kompetisie die kroon gespan het op ’n power seisoen, is die ‘positiewe siening’ beslis meer van pas.

Ná afloop van sy span se 14-22 nederlaag Saterdag, het Hottie Louw dit perfek opgesom: “Dit was ’n moeilike seisoen, maar in terme van waar ons laas jaar was, het ons ver gevorder.”

Dit was die tuisspan wat Saterdag die vinnigste uit die blokke weggespring het, met veral die voorspelers wat van meet af hul lywe op die spel geplaas het.

Dit was egter dalk te vinnig, want terwyl die Kavaliers spoed verloor het, het Vrystaat kop gehou deur beter gebruik te maak van hul kanse.

Met ’n 9-16 agterstand teen rustyd, moes Boland terugveg.

Hoewel ’n begeesterde Boland-span hard probeer het in die tweede helfte, het hanteerfoute en omgekeerde besit hul wenkanse geknou.

In die laaste tien minute het Boland se plaasvervanger-losskakel, Willie le Roux, uiteindelik gaan druk, maar dit was te laat.

Jacquin Jansen het altesaam drie strafdoele behaal.

Hoewel ’n halfeindstryd ’n goeie prestasie is vir enige span, voel Louw dat Boland in die toekoms selfs beter kan vertoon.

“Maar daar is nog baie werk wat vir ons voorlê,” sê Louw.

Volgens Loffie Eloff, Boland se bestuurder van afrigting, is die uitslag “teleurstellend”.

“Ons het ’n paar geleenthede verbrou, maar ek is baie trots op die manne,” sê Eloff.

“Een ding van dié span is egter dat hulle nooit opgee nie,” sê Eloff oor sy span se terugvegpoging.

“Maar mens kan nie altyd opvang-rugby speel nie.”




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za