EK is baie jammer vir die dame wat haar bankkaart verloor het Paas-donderdag in Newstraat, Paarl. Ek wou graag hulp aangebied het, maar jy het nie geluister na wat ek vra nie. Ek is seker as jy om hulp geskree het, ons die laaities kon voorgekeer het wat in die rigting van die taxi’s gehardloop het.
Jy was op die foon besig om alles te stop, maar ek dink as mens beroof word, moet jy gil en so hard skree as jy kan, mense sal help.
Ek het toe maar die polisie geskakel en gesê waarheen die laaities gehardloop het.Omgee van Wellington