Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Straatsmouse in Kerkstraat maak wel skoon

Straatsmouse in Kerkstraat maak wel skoon
 
2010-05-13


IETS in die berig in Paarl Post van 29 April oor die Wellington Verfraaiingskomitee se ongelukkigheid oor straatsmouse langs Victoriapark klop nie lekker nie.

Die berig begin deur te sê “daar word lank reeds gepoog om die straatsmouse op die sypaadjies in Kerkstraat te verskuif...”

Die volgende sin sê werkloses “hang bedags daar rond en slaap ook snags in die park”. Hierdie werkloses is volgens die berig die rede waarom munisipale werkers elke oggend die park moet skoonmaak.

Die berig vertel voorts hoe die Verfraaiingskomitee reeds twee jaar lank tevergeefs by die munisipaliteit en selfs by die burgemeester kla oor die straatsmouse in Kerkstraat.

Impliseer die Verfraaiingskomitee dat dit eintlik die smouse is wat verantwoordelik is vir die gemors?

Weet die Verfraaiingskomitee dat die straatsmouse langs Victoriapark hul eie besem het waarmee hulle deur die dag alle rommel van die sypaadjie opvee?

Is die komitee daarvan bewus dat hierdie straatsmouse mense is wat nougeset elke aand teen skemer alle tekens van hul stalletjies van die sypaadjies verwyder en dit soggens teen ligdag weer kom oprig?

Die energie wat tans vermors word om hierdie hardwerkende mense te probeer keer om ’n eerlike bestaan te voer, kan eerder gebruik word om die munisipaliteit te oorreed om die smouse se posisie te beveilig deur hulle - soos wat hulle nou al lank reeds vra - toe te laat om lisensiegeld te betaal om hul besighede geordend in Wellington te bedryf.

Dis ook hoog tyd dat alle Wellingtonners en die munisipaliteit ernstige pogings begin aanwend om werkloosheid op Wellington (wat een van die baie oorsake van rommelstrooi in die dorp is) positief aan te spreek.

Pule, Wellington




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za