Waar gaan die taal heen?
2005-03-17
VAN die voorste kenners op die gebied van die gebruik en standardisering van Afrikaans het onlangs op Wellington byeengekom om te besin oor nuutskeppings en nuwe neigings en standardisering binne die taal.
Die Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het in die Goodnowsaal vir ’n week lank gestoei om hul werk aan die hersiening van die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls voort te sit.
Hierdie proses, wat belangrik is vir die standardisering van Afrikaans, word jaarliks deurloop.
Dit is egter slegs die tweede keer in die bestaan van die kommissie dat die werksaamhede in Wellington plaasvind.
Na verwagting sal ’n nuwe AWS teen 2008 op die rakke wees.
Op die komitee is ook Wellingtonner dr Johan Anker, wat aan die onderwysdepartement van die Universiteit van Tegnologie Kaapse Skiereiland verbonde is.
Die kommissie bestaan uit akademici asook woordeboeksamestellers, wat gebruiksgroepe van Afrikaans verteenwoordig.
Afrikaans is die enigste taalgroep in Suid-Afrika wat so ’n taalkommissie het.
More
News
|