Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Ma sterf een jaar na seun verongeluk

Ma sterf een jaar na seun verongeluk
 
2010-05-13


NET meer as ’n jaar nadat ’n vrou van Paarl-Oos se seun doodgery is, is haar liggaam in haar Curlewisstraat woning gevind.

Linda Jantjies (43) was verlede jaar platgeslaan toe haar elf-jarige seun, Curt, in Klein Drakensteinweg doodgery is deur ’n ongelisensieerde motoris.

Dit het gekom drie jaar nadat haar man, Conroy, ook dood is in ’n tref-en-trap-ongeluk, skaars 100 meter van hul woning.

Sondagoggend het familielede op Jantjies se liggaam afgekom in haar bed. Sy is waarskynlik reeds Saterdagaand in haar slaap dood.

Alhoewel Linda aan hoë bloeddruk gely het, is haar gesondheid beskryf as goed.

Linda se tweelingseuns, Wesley en Warren (8), sal nou versorg word deur haar bejaarde ma, Eileen Damon. Sy word ook oorleef deur ’n dogter, Belinda (22).




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za