Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Chaos toe waterpyp bars in Lantana

Chaos toe waterpyp bars in Lantana
 
2010-05-13


TWEE gesinne van Lantanastraat in Paarl-Oos het Dinsdagoggend gedink dat dit oornag tot binne-in hul wonings gereën het.

Maar toe hulle hul oë uitvee, het hulle agtergekom dat ’n gebarste ondergrondse waterpyp in die pad vir die chaos in hul huise verantwoordelik was.

En vir die bejaarde Louisa Pietersen (76) was dit niks om oor te lag nie.

“Toe ek om 06:00 my voete vanuit die kooi lig en op die grond neersit, was die yskoue water tot by my enkels diep.

“Ek het gehoor dat dit goed gereën het deur die nag en dog eers dat dit reënwater was wat onderdeur my voordeur gekruip het.

“Maar toe ek die voordeur oopmaak, is dit asof die straat in ’n waterval omskep is, so het die water uit die pad gespuit.”

Die water het dwarsdeur Louisa se huis geloop wat sy met haar dogter, Elmarie, deel.

“Ons matte, meubels en yskas is deur die water beskadig. Ek is nou nie mooi seker wie gaan betaal om alles reg te maak nie.”

Louisa se buurvrou, Alice Herbert, moes ook verwoed uitvee om Maandagoggend ontslae te raak van die water wat deur haar huis geloop het.

“Wat my ook baie kwaad maak, is die feit dat die Munisipaliteit eers drie ure nadat ons hulle gebel het, hier opgedaag het. Tydens ons wag vir hulle het die water onophoudelik uit die pyp deur ons huise gespuit.”

Dit wil voorkom of die gebarste pyp deur boomwortels veroorsaak is.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za