Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Gesoek: nuwe tuiste vir rugbyklub

Gesoek: nuwe tuiste vir rugbyklub
 
2010-05-13

Jaco van Wyk

NÁ 27 jaar in sy tuiste in Markstraat, gaan die Paarl Rugbyklub verhuis na ’n nuwe klubhuis.

Met die ontwikkeling van die Waterfront op die munisipale gronde waar Paarl Rugbyklub se klubhuis tans staan, het Paarl Rugbyklub vrede gemaak met die feit dat hulle moet verhuis. Die vraag is net waarheen?

Volgens die Drakenstein Munisipaliteit is daar ’n eenvoudige antwoord op bogenoemde vraag, naamlik dat ’n nuwe klubhuis opgerig word op die Boy Louw-sportterrein.

Dié terrein is reeds die tuiste van die Paarl sokkerklub en die plan is om al die sportklubs wat deur die Waterfront-ontwikkeling geraak word, na dié velde te laat verhuis.

Paarl Krieketklub, wie se klubhuis tans langs die Rugbyklub in Markstraat geleë is, gaan ook na die Boy Louw-terrein trek, met hokkie- en muurbalbane wat ook daar aangebring sal word. Daar is reeds verlede jaar nuwe netbalbane op dié gronde gebou.

Met nege jaar oor op hul huurkontrak in Markstraat en ’n bestaande klubhuis, het die klub ’n subkomitee saamgestel om na alle opsies te kyk en sal eersdaags ’n aanbeveling aan die munisipaliteit maak, sê die president van Paarl Rugbyklub, Petrie Theart.

“Die ooreenkoms is dat die klub, indien ons verhuis, onsself in ’n soortgelyke of beter situasie sal bevind as waarin ons tans is.”

Die klub is bekommerd oor ’n moontlike gebrek aan privaatheid by die Boy Louw terrein, en vrees dat hulle nie weer ’n drank- en dobbellisensie sal kan verkry nie.

Volgens Theart is bogenoemde lisensies noodsaaklik vir die bedryf van dié klubhuis, wat bydra tot die bevordering van rugby.

“Aangesien die nuwe klubhuis op die Boy Louw-velde sowat 100m van Paarl Medi-Clinic se ICU sentrum geleë is, kan drank- en dobbellisensies nie verseker word nie,” sê Theart.

Indien die klub nie na Boy Louw verskuif nie, sou ’n ander opsie wees dat hulle ten volle uitgekoop word en ’n eie terrein aanskaf. Die huidige gebou is deur die klub self opgerig.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za