Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Top pinotage

Top pinotage
 
2005-09-15


DIE sluitingsdatum vir die jaarlikse Absa Top 10 Pinotage kompetisie, die enigste wynkompetisie waarin die top tien wyne van ‘n variëteit aangewys word, is 23 September. Die kompetisie het vanjaar ‘n sterk internasionale inslag.

Die inskrywings word vanjaar volgens die OIV se vereistes vir internasionale wynkompetisies beoordeel en dit is ook die eerste keer dat drie buitelandse wynkenners in die paneel van sewe beoordelaars dien.

Die internasionale verbintenis is bewerkstellig om ‘n aanduiding te kry van die Pinotage-styl wat deur oorsese wynliefhebbers verkies word, veral omdat die kompetisie se wenwyne nog altyd die heel beste van Suid-Afrika se Pinotage-wyne verteenwoordig het.

Die beoordeling vind vanaf 5 tot 7 Oktober by die Devon Valley Hotel in Stellenbosch plaas en die toekenningsfunksie op 2 November by Meerendal in Durbanville.

Die inskrywingsvereistes maak dit vanjaar vir kleiner produsente makliker om deel te neem. Slegs 1 350 liter, oftewel 150 twaalf-bottel kiste, moet in die produsent se voorraad beskikbaar wees wanneer die uitslae aangekondig word, terwyl enige grootte bottel ingeskryf mag word. Nie slegs die jongste oesjaar word ingeskryf nie.

Inskrywingsvorms en die prospektus kan van Pierre Loubser verkry word (tel 855-1128, faks 855-4351, e-pos pierre.l@mweb.co.za).



More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za