Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Baba sterf in ongeluk

Baba sterf in ongeluk
 
2010-05-13

Lise Beyers

HARTVERSKEURENDE tonele het Maandagmiddag op die N1 afgespeel kort voor die Hugenote-tonnel, toe die lewelose liggaam van ’n baba van twee maande na ’n lykswa gedra is.

Die baba is dood in ’n gru-ongeluk waarin twee voertuie betrokke was.

Volgens ’n woordvoerder van die Provinsiale Verkeersafdeling, het die bestuurder van ’n Audi  TT sportmotor wat in ’n noordelike rigting gery het, erken dat hy beheer oor die motor verloor tydens swaar reën, en teen ’n aankomende passasiersmotor gebots.

In die passasiersmotor was ’n lektor in siviele ingenieurswese aan die Universiteit van Stellenbosch, dr Heinz Jacobs, en sy jong gesin.

Die baba, Marco, wat op die voorste sitplek vasgegordel was in ’n babastoeltjie, is op die toneel dood, waarskynlik aan kop- en inwendige beserings.

Sy ma, Lydia, wat die motor bestuur het, was vir ’n uur en ’n half vasgepen voordat sy uit die wrak gesny is en per helikopter vervoer is na Paarl Medi-Clinic. Lydia verkeer steeds in ’n ernstige toestand met verskeie beenbreuke en inwendige beserings.

Heinz, wat agter in die voertuig gesit het, het harsingskudding opgedoen.

Hul sesjarige seun, Zander, wat ook agter gesit het, het slegs ligte beserings opgedoen.

Die gesin het teruggekeer vanaf ’n naweekuitstappie by Montagu, na hul tuiste in Somerset-Wes.

Die bestuurder van die Audi het geen beserings opgedoen nie.

’n Saak van strafbare manslag word nou deur die polisie ondersoek.

Dr Jacobs was vandeesweek per telefoon onbereikbaar vir kommentaar oor die tragiese gebeurtenis.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za