DIE bekende gospelsanger Felicia Marion van Johannesburg is terug in die Paarl ná 15 jaar se afwesigheid.
Sy is die gas van die Lighuis Familiekerk in die Paarl en sal by verskeie geleenthede gedurende die volgende twee weke optree.
Die eerste daarvan sal wees op Donderdag 13 Mei om 19:30 by Magnolia Primęr in Klein Nederburg, Paarl vir ’n baie spesiale geleentheid vir alle persone wat betrokke is by Gospel musiek.
Alle musikante, sangers, gospelgroepe, aanbiddingspanne en almal wat lief is vir gospelmusiek, is welkom om die geleentheid by te woon.
Felicia is veral bekend as voorsanger van die destydse gewilde popgroep, Joy, wat bekendheid verwerf het met hul liedjie ‘Paradise Road.’
Ná nege jaar in die VSA is sy terug om haar jarelange ervaring in gospelmusiek met ieder en elk te deel. Sy spits haar veral daarop toe om mense wat moedeloos geword het, weer te inspireer.
Sy sal van haar gunsteling liedjies soos ‘Jesus is my Master, I will lift up my eyes’ en andere sing. Toegang is gratis en almal is welkom.
Vir navrae, kontak pastoor Vernon Jacobs 073-6565-995 of 021-8720-002.