’n AFRIKAANSE musiekgroep, Kaleidoskoop, wat hul musiek uit ’n positiewe, dog realistiese oogpunt komponeer, is op die planke op Vrydag 21 Mei om 20:00 by die Ou Meul-teater.
Met kleurryke harmonieë en skerp poliritmiese akoestiese instrumente neem Kaleidoskoop ’n hele spektrum van musiekvorme aan.
Die lede is Anique Jordaan, Ben Ludik en Jouba Jordaan.
Kry ’n voorsmakie van die talentvolle groep se musiek by www.myspace.com/kaleidoskoop3.
Kaartjies is R40 per persoon en kan bespreek word by Vicky Stemmet by 083-564-0056 of stuur gerus ’n epos na vstemm et@gmail.com.