Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Sarah Theron tree op in Wellington

Sarah Theron tree op in Wellington
 
2010-05-13


DIE stemdiva Sarah Theron maak op 21 Mei om 20:00 haar hart oop by die Hugenote Laerskool in Wellington.

Hierdie vertoning, ten bate van die Huis Andrew Murray Kinder- en Jeugsorgsentrum, beloof om die gehoor gaande te hê.

Sarah se eerlike vertolking van die praglirieke van haar nuutste album Terug na Jou sal elkeen wat hou van musiek meevoer en verras.

Die gehoor kan uitsien na liedjies soos Terug na Jou, Hoog bo die wolke, Alles of niks en die treffer Briefie vir Madiba.

Huis Andrew Murray is al vir die afgelope 112 jaar deel van die plaaslike gemeenskap. Die sentrum het ’n bedieningsarea van Paarl, Franschhoek en Stellenbosch tot sover as Kraaifontein en Tygerberg.

Kaartjies kos R100 per persoon en is te koop by The W’rite Shoppe Wellington of by Huis Andrew Murray of by heinrich@heimat.co.za of 082-812-1112.

* Drie gelukkige Paarl Post leser staan die kans om elk dubbelkaartjies na die konsert te wen. Stuur ’n epos met jou naam en telefoonnommer na edit@paarlpost.co.za.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za