Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Amerikaanse Universiteitskoor tree op in die Paarl

Amerikaanse Universiteitskoor tree op in die Paarl
 
2010-05-13


DIE Frank Pietersen Musieksentrum se Jeugkoor en Sang-ensemble sal op 19 Mei om 19:00 ’n gesamentlike konsert aanbied saam met die Northern Arizona University se Shrine of the Ages Koor.

Die konsert sal in Hoërskool Gimnasium se Ouditorium in die Paarl gehou word.

Die gaskoor het in Amerika verskeie prestasies ingepalm. Die koor het onder die leiding van die huidige koorleier, Edith Copley, tydens die streeks- en nasionale konferensies van die ”American Choral Directors’ Association” asook die “Music Educators National Conference” opgetree.

Hul het alreeds internasionaal in China, Australië, New Seeland en dwarsoor Wes-Europa getoer.

Die Frank Pietersen Jeugkoor het met Eunice Gildenhuys as dirigent en Arno Jones as begeleier onlangs by die Tygerberg Eisteddfod 88% behaal.

Die skool se sang-ensemble onder leiding van Jo-Nette LeKay, sal ook tydens die geleentheid optree.

Kaartjies teen R50 (R30 vir kinders) is verkrygbaar by Broidy Ortell by die Musieksentrum by 021-872-2123.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za