Waterkwaliteit bekyk
2005-09-15
NA ‘n imbizo vroeër vanjaar oor die agteruitgang van die Boland se riviere, veral die Bergrivier, het die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit ‘n waterkwaliteit-taakspan gestig om ‘n projekprogram te ontwikkel en te bestuur.
Die werkgroep konsentreer op probleemgebiede soos digbevolkte nedersettings, afloopbehandelingswerke en watersuiwering.
Verder het die taakspan (wat die Departement Waterwese insluit) reeds ‘n aksieplan ontwikkel vir data-insameling, publieke werke programme, omgewingsopvoeding, sanitasie-oplossings, vloedlyne, veilige drinkwater en veilige landbouwater.
Die Drakenstein Munisipaliteit het die afgelope tyd omvattende infrastruktuur in veral informele en hoëdigtheidsgebiede geïnstalleer ten einde gebrekkige sanitasie aan te spreek. Verdere opgraderings is ook op hul program.
Die Distriksmunisipaliteit het voorligtingprogramme geloods om aan veral die inwoners van informele areas in te lig oor die voorkoming van omgewingsbesoedeling.
Hulle het ook ‘n water- en sanitasiesubsidieprojekt vir die voorsiening van spoeltoilette en skoon/veilige drinkwater aan plaaswerkers waar die dienste in die verlede nie gelewer is nie.
Hulle het ook gedurende Mei begin met “Clean & Green” projekte waartydens 1011 tydelike werkers aangestel is, en R605 000 spandeer is aan skoonmaakprojekte.
Behalwe vir die opruim van rommel is die projek ook gebruik om die gemeenskappe bewus te maak van ‘n skoon en veilige omgewing, en om besoedeling van die natuurlike waterbronne te voorkom.
More
News
|