Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Gratis regshulp gebied

Gratis regshulp gebied
 
2010-05-13


DIE Universiteit Stellenbosch se Regshulpkliniek besoek een keer per maand die advieskantore op Klapmuts (by die sportterrein) en Franschhoek (Lord’s Acre Sentrum in Groendal) om gratis regsadvies te gee aan behoeftiges.

Die Klapmuts-kantoor is oop op 13 Mei, 10 Junie, 8 Julie, 12 Augustus, 9 September, 14 Oktober, 11 November en 9 Desember (navrae 021-875-5111). Die Franschhoek-kantoor is oop op 7 Junie, 5 Julie, 2 Augustus, 6 September, 4 Oktober, 1 November en 6 Desember (navrae 021-808-3825)

Die organisasie bied ook bystand in hofsake wat handel oor siviele aangeleenthede waar kinders betrokke is. Dit sluit in aannemings, gesinsgeweld, kindermishandeling, onderhoud en uitsettings. Hulle reël ook bemiddeling ten opsigte van egskeidings, onderhoud asook natuurlike vaders en moeders wat ’n ouerskapplan wil saamstel.

Regsdienste word ook gebied onder meer oor sake rakende verblyfsekerheid en skuldberading (navrae 021-808-3600).




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za