Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Luister na die stemme (Editorial)

Luister na die stemme (Editorial)
 
2005-09-15


DIE koue waarheid, dat een mens elke uur in Suid-Afrika selfmoord pleeg, streel nie die hartseer weg vir naasbestaandes en vriende nie.

Dit beantwoord ook nie die knaende vrae wat ná die selfmoord van ’n geliefde by agtergeblewenes bly spook nie.

Die Paarl en Wellington het die afgelope weke geskok gestaan oor die dood aan eie hand van ’n pragtige jong meisie, twee lewenslustige jong mans, ’n predikant.

Groter kon die verslaendheid nie wees as oor die selfmoord Saterdag van die fietsrylegende Peter Nicholson nie.

Dit volg kort op die dood van John Bentley, wat sy eie lewe geneem het en die vele wat by sy troeteldierwinkels ingeloer, en vir wie hy die blomme vir hul troues gedoen het, verslae agtergelaat het.

Dat 20 mense elke uur in Suid-Afrika poog om selfmoord te pleeg, verlig ook nie die angs van gesinne wat elke dag en elke nag vrees dat hul geliefdes tog daarin sal slaag om hul lewe te beëindig nie.

Die gemiddelde selfmoordgetal in Suid-Afrika is 19 per 100 000, hoër as die wêreldwye syfer van 16 per 100 000.

Dié statistiek word deur medici toegeskryf aan die bevolking se daaglikse konfrontasie met trauma, lyding aan terminale siektes en swak finansiële vooruitsigte.

Die kenners waarsku: alle dreigemente van selfmoord moet ernstig opgeneem word. Daar ís hulp vir depressie-lyers, maar hulle het gewoonlik die hand van ’n vriend nodig om hulle tot by die oop deur te lei.

Sulke hande is daar genoeg. Ons moet net luister na die stemme om ons.



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za