Hugenoters skitter in vyfkamp
2010-05-13
DRIE leerders van Hoërskool Hugenote het goeie vertonings vir Boland gelewer tydens die onlangse Suid-Afrikaanse Nasionale Vyfkamp-kampioenskappe te Stellenbosch. In ’n sportsoort wat ook by die Olimpiese Spele aangebied word, het Hanré van der Vyver, Carla Portwig en Louwrens van As hul provinsie en skool se naam hoog gehou teen atlete van Limpopo, Gauteng-Noord, Oostelike Provinsie en WP. Met haar goue medalje is Hanré van der Vyver gekroon as SA kampioen in haar afdeling (Meisies Jeug B 15-16 jaar) - ’n afdeling waarin sy volgende jaar weer sal meeding. Carla Portwig (Meisies Jeug A 17 tot 18 jaar) het ’n silver medalje verower en Louw-rens van As (Seuns Jeug A 17 tot 18 jaar) het ’n brons medalje ingepalm. Vyfkamp bestaan uit vyf dissiplines, naamlik perdspring, skerm, swem, hardloop en skiet (lugpistool). Die perdry vorm egter eers deel van die kompetisie wanneer deelnemers op 18-jarige vlak of ouer deelneem.
More
News
|