Rugby-flitse
2010-05-13
PEOPLES VAL WEER VAS
Young Peoples het Saterdag 18-20 verloor teen Kraaifontein op die Faurestraat-stadion. Eerskomende Saterdag pak Peoples kragte vir Collegians in ’n wegwedstryd. Peoples hou ’n steakbraai teen R30 te Daljosafat Krieketklubhuis ná afloop van Saterdag se wedstryd, vanaf 19:00.
RANGERS KLOP STRAND
Rangers Rugbyklub het Saterdag ’n 26-13 oorwinning teen Strand behaal op die Daljosafat-sportgronde. Ná ’n gesukkel in die eerste helfte, het Rangers in die tweede helfte behoorlik vlamgevat. Joshua Colly en Jeremy van Neel was Rangers se uitblinkers. Dié Saterdag speel Rangers teen die liga-voorlopers UWK, in Bellville. Die bus vertrek Saterdag 11:00 vanaf Groenheuwel en 12:00 vanaf die biblioteek.
NEWTONS TRAP EVERGREENS
Newtons Rugbyklub is een van die voorlopers in die liga ná afloop van hul sege oor Paarl Evergreens. Eerskomende Saterdag speel Newtons tuis teen Good Hopes. Na afloop van dié wedstryd sal ’n fondsinsameling gehou word te Havana nagklub (Wellington).
VILLAGERS BLY OP WENPAD
Newton Villagers het Saterdag vir Wamakersvallei met 22-19 geklop. Villagers se Joswin Juries (2 driee), Sean Paulse en Hilton Rubein was die driedrukkers. Villagers speel Saterdag weg teen Young Blues. Vervoer vertrek 13:00. Kontak 078-147-3082.
SKOLE-UITSLAE
* Hoërskool Gimnasium klop Paul Roos 30-27. Gim was rustyd 20-3 voor. * Hoër Landbouskool Boland wen 15-13 teen Rondebosch. Die rustydtelling was 10-3 vir Landbouskool. * Hoër Jongenskool verloor 12-34 teen Grey Kollege. Grey was rustyd 17-7 voor. * Hoërskool Hugenote verloor 7-10 teen Hoërskool Durbanville. Die rustydtelling was 7-0 vir Hugenote. * Hoërskool Labori verloor 6-40 teen Robertson.
More
News
|