Villagers ietwat ongelukkig
2010-05-13
DIE eerste rugbyspan van Pniel Villagers was ietwat ongelukkig om Saterdag te Lentegeur met 22-18 teen Collegians vas te val, nadat hulle teen rustyd nog met 11-5 voor was. Die tuisspan het die tweede helfte met goeie aanvallende rugby begin en binne die bestek van tien minute twee doele aangeteken om met 15-11 voor te loop. Alhoewel die Pniel-manne alles probeer het om die wenpunte aan te teken, was die tuisspan se verdediging te sterk. Vir Pniel het die senters Stefanus Cedras en Enrico du Preez goeie spel op die aanval sowel as op die verdediging gelewer. Voorlangs het die kaptein Garland Alberts sy hart uitgespeel voordat hy gedurende die twee helfte die speelveld met ’n ernstige skouerbesering verlaat het. Puntemakers vir Pniel was Wade Stubbs en Enrico du Preez (1 drie elk) terwyl Stefanus Cedras met twee strafskoppe en een doelskop geslaag het. Pniel het een ligapunt ingepalm.
More
News
|