Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Lux Verbi verlaat Wellington

Lux Verbi verlaat Wellington
 
2010-05-20


SUID-AFRIKA se oudste uitgewer van Christelike boeke, Lux Verbi.BM, se kantore het pas vanuit Wellington na Kaapstad verskuif.

Volgens dr Stephan Spies, wat besturende direkteur van Lux Verbi was, het die onderneming tien jaar gelede na Wellington verhuis juis omdat Wellington dwarsoor die węreld deur baie as die hartland van die Christelike boek beskou is aangesien dr. Andrew Murray vanuit Wellington sy beroemde boeke oor die Christelike geloof geskryf het.

Murray se boeke is vandag nog steeds internasionale top-verkopers en by een van die grootste Amerikaanse uitgewerye van Christelike boeke is daar tans, na meer as 150 jaar, nog steeds tot 45 titels van Murray se boeke voortdurend in druk beskikbaar.

Spies sę die besluit om Lux Verbi nou na Naspers se hoofkantoor in Kaapstad te verskuif, is suiwer om ekonomiese redeelgeneem.

Lux Verbi sal voortaan saam met bekende ander Naspers-uitgewerye soos Tafelberg-Uitgewers en Human en Rossouw vanuit Nas­pers se hoofkantoorgebou bedryf word.

’n Splinternuwe besigheidstruktuur, wat waarskynlik as Media24 Books bekend sal staan, gaan voort­aan Naspers se vier groot uitgewersgroeperinge huisves.

Dié vier is Lux Verbi.BM, NB-uitgewers (wat Tafelberg en Human en Rousseau insluit), Best Books en Van Schaik Akademiese Uitgewery.

“Altesaam 17 mense het hul werk verloor as gevolg van die herstrukturering van Lux Verbi. Aan personeel wat in Wellington en omstreke woon en wat nie na Kaapstad wil trek nie, is vrywillige skeidingspakette aangebied,” het Spies gesę.

“Ek voorsien steeds ’n mooi toekoms vir Lux Verbi.BM. In die komende jaar gaan daar opwindende nuwe produkte by die uitgewery verskyn.”

Spies het bedank as besturende direkteur van Lux Verbi.BM en is tans direkteur van Christian Trade International, ’n Amerikaans-gebaseerde organisasie wat die verspreiding van Christelike produkte węreldwyd organiseer.




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za