DIE fietsryers van vandag moet besef dat hulle nie betaal om op ons paaie te ry nie. Ek dink dat fietslisensies teruggebring moet word sodat hulle kan bydra tot onderhoud van ons paaie. Dieselfde geld vir hondelisensie - dan sal die DBV ook nie so swaarkry nie.
Dieselfde met die smouse by Victoriapark op Wellington. Betaal daardie mense om daar te staan? Dit maak nou nie saak of hulle skoon maak of nie - hulle moet beter beheer word. Dit lyk in elk geval morsig.
Doen iets, Drakenstein!
William