DIE Verfraaiingskomitee van Wellington wil graag reageer op Pule, Wellington, se brief in die Paarl Post van 13 Mei (“Straatsmouse in Kerkstraat maak wel skoon.”
Die Verfraaiingskomitee impliseer glad nie dat die smouse vir die gemors in Victoriapark verantwoordelik is nie.
Daar is twee sake hier te sprake: Die rommelprobleem in die park en res van die dorp, en die smouse wat nie deur die Drakenstein Munisipaliteit gereguleer word nie. Dit hou nie noodwendig met mekaar verband nie.
Die Verfraaiingskomitee is nie noodwendig teen die informele sektor gekant nie - mits dit gereguleer en wet en orde toegepas word. Die feit bly staan dat daar regulasies vir informele handel is, maar dat dit nog nooit toegepas is nie.
Ons stem saam met die briefskrywer dat Drakenstein Munisipaliteit voete sleep met hierdie belangrike saak en hoop om spoedig reaksie te kry.
Marita van Tonder
Voorsitter: Wellington Verfraaiingskomitee