Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Munisipaliteit kom nie eie reëls oor smouse na

Munisipaliteit kom nie eie reëls oor smouse na
 
2010-05-20


AS geaffekteerde inwoner en belastingbetaler van Wellington was dit vir my interessant om Pule se reaksie (Paarl Post 13 Mei) op die straatsmousberig van 6 Mei te lees.

Natuurlik is Pule met reg bekommerd oor werkloosheid sowel as hardwerkende mense se pogings om ’n eerlike bestaan te voer.

Waar Pule egter die punt mis, is dat dit in die eerste plek daaroor gaan om die Drakenstein Munisipaliteit te dwing om aan sy eie verordeninge sowel as nasionale wetgewing gehoor te gee en dit af te dwing.

Verordening no. 14/2007: Informele Handel skryf in duidelike besonderhede voor waar en onder watter omstandighede so handel gedryf mag word en waar nie.

Die smouse wat oral in Wellington en spesifiek voor Victoriapark staan, voldoen hoegenaamd nie aan die verordeninge nie en die situasie daar laat geen ruimte daarvoor in die toekoms nie.

’n Artikel 2(b)(iii) byvoorbeeld van die betrokke ordonnansie bepaal uitdruklik dat “geen persoon mag die besigheid van ’n straathandelaar, venter of smous bedryf op ’n soom aangrensend aan ’n gebou/perseel wat kragtens die Wet op Nasionale Erfenishulpbronne, 1999 (Wet 25 van 1999) tot erfenisterrein verklaar is nie”.

Victoriapark en die Jubileumboog is juis spesifiek so ’n perseel. Verder word die omheining van onvervangbare antieke gietyster as ophangtoerusting gebruik vir die verskillende tipes ware wat die smouse daar uitstal – so word die historiese baken versper.

Die munisipaliteit het nou letterlik reeds jare lank tyd en geleentheid gehad om hulle andersins te akkommodeer, voldoende kennis te gee en te help verhuis.

In der waarheid is die smouse ook, nes die ander inwoners van Wellington, in hierdie verband slagoffers van die munisipaliteit se ontoereikende bestuursvermoë, in besonder wat hierdie saak betref.

Hulle sal op ’n heel ander en geskikte plek geakkommodeer moet word.

Die afgelope aantal jare se voetslepery en onbeholpenheid by die verskillende munisipale departemente en amptenary/politici wat met hierdie saak gemoeid is, is verbysterend.

Wat wel waar is, is dat die meeste smousstalletjies in elk geval deur bestaande besigheidsmense, soos Chinese handelaars, bedryf word en dat die verkopers wat die stalletjies beman bloot hulle werknemers is en nie sakemense in eie reg nie.

Pieter du Toit




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za