Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Skole geteiken deur diewe

Skole geteiken deur diewe
 
2010-05-20

Lise Beyers

SKOLE in Paarl-Oos loop steeds erg onder diewe deur.

Veral skrootdiewe teiken skole en steel enige stukke metaal waarop hulle hul hande kan lê.

Die afgelope paar weke is daar ingebreek by Charleston Hill Sekondêr en Primêr, Paulus Joubert Sekondêr en New Orleans Primêr.

By Paulus Joubert is al die rugbytruie van dié skool se eerste rugbyspan gesteel.

By die ander skole is hoofsaaklik metaal-items gesteel, maar by New Orleans het die diewe voedsel vanuit die kombuis gebuit.

Vincent Parrott, skoolhoof van Charleston Hill Primêr, waar die opsigter se gereedskap onlangs gesteel is, het gesê dat hierdie diefstalle onaanvaarbaar is.

“Ons befondsing is reeds beperk en dit tref die skool erg as ons gesteelde goedere moet vervang, asook herstelwerk moet doen weens inbrake.”

’n Woordvoerder van die Paarl-Oos polisiestasie het gesê dat inbrake by skole byna elke naweek plaasvind.

“Ons vra dus die publiek om ons te help om hierdie kwaaddoeners vas te trek. Die polisie kan enige tyd geskakel word met inligting en dit sal hoogs vertroulik hanteer word.”

Inligting kan deurgegee word aan kst Ernest November by 021-877-5900 of 079-894-1713.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za