Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vlakvark toe 'geslag'

Vlakvark toe 'geslag'
 
2010-05-20

Lise Beyers

DIE vlakvark wat onlangs by die Afrikaanse Taalmuseum in Pastorielaan, Paarl, gesteel is, is “afgeslag” en as skroot verkoop.

’n Lewensgrootte brons standbeeld van ’n vlakvark, wat deur bekende Stellenbosse kunstenaar Stephen Rautenbach gemaak is, pronk sedert die Cultivaria-fees in September verlede jaar in die tuin van die museum op ’n leen-basis.

Op 14 April was werknemers van die museum geskok toe hulle vroegoggend by die werk kom en nie oudergewoonte gegroet is deur die indrukwekkende vlakvark nie.

Diewe het waarskynlik tydens ’n goedbeplande rooftog deur die nag die 150kg standbeeld op ’n voertuig gelaai en die pad gevat.

’n Wye soektog is deur Paarl polisie geloods, maar die vark het spoorloos verdwyn.

Dit was totdat ’n oplettende werknemer van LO Rall skroothandelaars in Daljosafat agterdogtig geraak het toe twee mans Vrydag by hulle aangeklop het met ’n sak vol stukke brons.

Die polisie is geskakel, maar toe een van die mans hulle gewaar, het hy die hasepad gekies. Die ander een is wel in hegtenis geneem op die toneel.

By nadere ondersoek is daar vasgestel dat die stukke brons, wat altesame 21 kg geweeg het, afkomstig is van Rautenbach se standbeeld.

Toe Rautenbach die nuus ontvang het van sy vernielde kunswerk, was hy, nodeloos om te sê, nie beïndruk nie.

“Die waarde van die standbeeld is R220 000. Ek het ’n ooreenkoms met die eienaar gehad om dit by die taalmuseum ten toon te stel. Nou sal ek moet opdok en ’n nuwe een maak. Dit is ’n skande dat kuns so vernietig word.”

André Rall van LO Rall het gesê dat skroothandelaars dikwels as skurke gebrandmerk word.

“Maar ons maatskappy is toegewy om saam met die polisie te werk om skrootdiefstal in die gebied hok te slaan.”

Dit is moontlik dat nog brons stukke van Rautenbach se standbeeld die ronde doen.

Enigiemand met inligting kan vir kapt Louise du Plessis skakel by 021-807-4000.

Pieter Hodgson (27) is in hegtenis geneem in verband met die diefstal.

* A valuable bronze statue that was recently stolen in Paarl, has been pulverised and sold as scrap.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za