KOM leer hoe om ’n pragtige hart vir jou gastekamer of ’n “hotplate” vir jou potte in jou kombuis te maak, tydens ’n mosaïek-werkswinkel wat by Die Polfyntjie in Windmeul aangebied word Saterdag 22 Mei vanaf 09:00 tot 13:00.
Kostes beloop R165 per persoon (dit sluit alle materiale in, plus versnaperinge en jy gaan huis toe met ’n klaargemaakte item!). Jy kan ook al jou mosaïekbenodigdhede by die winkel koop.
Besprekings moet vergesel word van betaling om teleurstelling te voorkom.
Vir meer inligting oor die werkswinkel, skakel 083-376-9924.