Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Franse kunsflieks by Le Bonheur te sien

Franse kunsflieks by Le Bonheur te sien
 
2010-05-20


DIE wynlandgoed Le Bonheur, naby Klapmuts, vertoon Franse kunsflieks op die laaste Vrydag van elke maand.

Die vertonings word voorafgegaan deur 地 verwelkomingsdrankie en 地 Franse tweegang-maaltyd in Le Bonheur se historiese opstal bedien.

Op Vrydag 28 Mei vertolk Audrey Tatou die hoofrol in Am駘ie, waar sy die rol van 地 onskuldige meisie speel wat almal rondom haar wil help.

Die film het vir Tatou internasionale roem verwerf en het 地 nuwe soort Franse elegansie geskep wat 地 dekade later nog steeds in die mode is.

Die 2007-weergawe van Moli鑽e, deur Laurent Tirard geskryf en geregisseer, word op 25 Junie vertoon. Dit speel in 1658 af en vertel die verhaal van Frankryk se legendariese dramaturg as 地 komedie van romanse en slenterslae.

Die eet-en-fliekaande, waar tot 40 gaste aanwesig kan wees, begin om 18:30.

Kaartjies is R110 per persoon. Besprekings is noodsaaklik by Frandi Wiid (021-875-5478).




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za