Kyk hoe Ronald West skilder
2005-03-17
As jy wil sien presies hoe Wellingtonse kunstenaar Ronald West sy flambojante Mediterreense straattonele skilder, maak gerus ‘n draai by vanjaar se KKNK.
Hy gaan van 25 tot 29 Maart by ‘n plaaslike galery midde in die feesgebeure kreatief besig wees.
Diegene wat egter nie al die pad tot in Oudtshoorn wil reis nie, kan op Maandag 21 Maart by die Lindie van Niekerk Galery in Bellville gaan inloer, waar Ronald ook heeldag sal skilder.
Dit vorm deel van ‘n uitstalling van sy werke, tesame met dié van ander kunstenaars, wat tans by die galery te sien is tot Saterdag 26 Maart.
West is bekend vir sy skilderye wat pryk op die vier etikette van Spier Wynlandgoed se “Fat Ladies” wynreeks.
More
News
|