DIE stemdiva Sarah Theron maak op 21 Mei om 20:00 haar hart oop by die Hugenote Laerskool in Wellington.
/p>
Hierdie vertoning, ten bate van die Huis Andrew Murray Kinder- en Jeugsorgsentrum, beloof om die gehoor gaande te hê.
Sarah se eerlike vertolking van die praglirieke van haar nuutste album Terug na Jou sal elkeen wat hou van musiek meevoer en verras.
Die gehoor kan uitsien na liedjies soos Terug na Jou, Hoog bo die wolke, Alles of niks en die treffer Briefie vir Madiba.
Huis Andrew Murray is al vir die afgelope 112 jaar deel van die plaaslike gemeenskap. Die sentrum het ’n bedieningsarea van Paarl, Franschhoek en Stellenbosch tot sover as Kraaifontein en Tygerberg.
Kaartjies is R100 per persoon en is te koop by The W’rite Shoppe Wellington of by Huis Andrew Murray of by 082-812-1112.