Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Rugby-flitse

Rugby-flitse
 
2010-05-20


PAARL RUGBYKODE

Alle rugbyklubs in die Paarl moet kennis neem van die Paarl Rugbykode-vergadering op 26 Mei in die gemeenskapsaal. Die vergadering begin stiptelik om 19:00.

Die Kodebestuur moet ook kennis neem van Kodebestuursvergadering op 24 Mei te Paarl Klubhuis. Kontak Kevin Benjamin by 082-731-4879.

VILLAGERS SEËVIER WEER

Newton Villagers het Saterdag ’n naelskraapse 19-18 sege oor Young Blues behaal.

Hoewel Villagers gesukkel het in die skrums, was hul rotsvaste verdediging die deurslaggewende faktor teen hul vlugvoetige opponente.

Tim Davids is welverdiend aangewys as Villagers se speler van die wedstryd.

Sean Paulse en Hilton Rubein het een drie elk gedruk. Paulse (1 strafdoel) en Vernon Julies (2 strafdoele) het vir die res van die punte gesorg.

Dié Saterdag speel Villagers weg teen Riebeeck United. Die bus vertrek 12:30 vanaf Newton. Kontak 078-147-3082.

YOUNG STANDARDS VERGADER

Young Standards vergader Maandag 24 Mei om 19:00 te Ebenezer Laerskool. Die Young Standards Old Boys Klub sal van stapel gestuur word en alle oud-spelers en belangstellendes word uitgenooi.

Inisiatiewe vir die 120 feesjaartoer sal bespreek word, kleredrag vir die 120 feesjaar sal bekend gemaak word en finale reëlings sal getref word.

Hoender- en worsverkope teen R35 ’n bord word op 28 Mei aan huis van Marius van Zitters aangebied van 13:00. Kontak George Fredericks by 021-862-4066 of Kevin Benjamin by 082-731-4879.

RANGERS KRY PAKSLAE

Paarl Rangers se segetog is Saterdag deur UWK beëindig, toe laasgenoemde die Paarliete 71-23 verslaan het.

Teen rustyd was Rangers nog sterk in die prentjie, maar daarna het die studente die krane oopgedraai.

Eerskomende Saterdag speel Rangers op die Daljosafat B-veld teen Eersterivier.

As gevolg van die Super 14 semi-finaal op Nuweland, is wedstryde met ’n halfuur vervroeg. Spelers word versoek om betyds op te daag.

PORSELEINBERG SEËVIER

Porseleinberg United van Hermon het Saterdag vir Riebeekvallei van Riebeek Kasteel met 28-17 verslaan in ’n Waveren Rugbyunie-wedstryd te Hermon. Die rustydtelling was 14-7 vir Porseleinberg.

Uitblinkers vir Porseleinberg was (agterlangs) Jaco Samson (2 drieë), Adam Booysen (1 drie en 4 doelskoppe), Eben Pieters (1 drie), (voorlangs) Ronwin Fortuin, Johan Jonkers en Niklaas Andrews.

Vir Riebeekvallei het Dawid Amerika, Jeff Appollis (1 drie), Gert Warie (1 drie) en Heino Andreas (1 drie) stewig vertoon. Kevin Andreas het ’n doelskop behaal.

Riebeekvallei B het 19-9 gewen.

Porseleinberg speel eerskomende Saterdag tuis teen GOV van Saron.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za