Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Sporthelde in aksie by Young Gardens gholfdag

Sporthelde in aksie by Young Gardens gholfdag
 
2010-05-20


TALLE sporthelde gaan op 28 Mei deelneem aan Young Gardens Rugbyklub se jaarlikse korporatiewe gholfdag by die Boschenmeer-baan van die Paarl-gholfklub.

Die Springbok-afrigter, Peter de Villiers, asook oud-Springbokke soos Toks van der Linde, Breyton Paulse, Robbie Kempson, Mornay Visser, Christian Stewart, Charl Marais, Thinus Linee en Jerome Paarwater het reeds ingestem om te speel.

Ander bekendes soos die voormalige Protea krieketspeler Paul Adams, gaan ook in aksie wees.

Die doel van die gholfdag is om broodnodige fondse in te samel vir die rugbyklub, maar ook om die Rusthof-ouetehuis te ondersteun.

Die gebou, asook toerusting, moet herstel word ná die onlangse brand en daarom het Young Gardens besluit om ’n deel van die opbrengs van dié gholfdag aan die ouetehuis te skenk.

Die klub doen dus ’n beroep op besighede in die Paarl en omgewing om die dag te ondersteun.

Inskrywingsgeld per vierbal is R5000 as jy met ’n sportheld wil speel, of R3000 sonder ’n sportheld.

Daar sal ook ’n veiling ná afloop van die gholfdag wees.

Die vurige politikus Patricia de Lille het ook aangedui sy gaan kom speel, indien haar program dit toelaat.

Mario Williams, Young Gardens se voorsitter, moedig maatskappye aan om in te skryf en ook om hul maatskappy se logo aan hom te stuur sodat dit in die ontvangsarea van die gholfklub ten toon gestel kan word op 28 Mei. Kontak Mario Williams by 021-862-3292 of 082-380-2680.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za