Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Roses United lyk onstuitbaar

Roses United lyk onstuitbaar
 
2010-05-20


ROSES UNITED is besig om al wat ’n Boland Premierliga-span is voor hom plat te vee.

Saterdag was dit weer eens die geval toe die manne van Wellington hul teenstanders van Robertson se nekke omgedraai het, met ’n oortuigende 33-21 sege op die Boland B-veld. Teen rustyd was Roses 20-14 voor.

Agterlangs was Roses se groot uitblinkers die vleuel Brendan April en heelagter Christopher Adams. Beide spelers is ook met ’n drie beloon vir goeie aanvallende spel. Ryan Jordaan het ook ’n drie behaal terwyl Cheslyn Fredericks al drie drieë verdoel het, asook vier doelskoppe behaal het.

Voorlangs het Martin Nel (haker) en Elrich Erasmus (flank) kliphard vertoon.

Eerskomende Saterdag pak Roses die span van Worcester Villagers in ’n wegwedstryd.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za