Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Geveg van die voorlopers

Geveg van die voorlopers
 
2010-05-20

Jaco van Wyk

EERSKOMENDE Saterdag se kragmeting tussen Young Gardens en Vineyards Rugbyklub kan amper as ’n mini-finaal beskou word, siende dat dié wedstryd die liga-voorloper sal bepaal.

Ná ses weke se Paarl Streekliga-aksie gee dié twee spanne tans die pas aan, met beide Gardens en Vineyards wat steeds onoorwonne is.

Indien fiksheid Saterdag se wenner gaan bepaal, behoort Vineyards meer as sy man te staan. Hulle is tans een van die bes-gekondisioneerde spanne in die liga en wys dit weekliks. Hul fiksheid in die laaste paar minute is amper altyd die deurslaggewende faktor.

Die afgelope Saterdag was dit weer die geval teen Allandale op die Faurestraat-stadion.

Ná Allandale vroeg in die wedstryd eerste punte behaal het, het Vineyards teruggeveg om ’n 34-10 oorwinning te behaal.

Vineyards II het 19-6 gewen en Vineyards III het 20-0 gewen.

Vineyards sal egter hul keer moet ken teen die vlugvoetige Gardens, wat Saterdag vir Pêrel United ’n 104-7 loesing toegedien het op die Daljosafat A-veld.

Gardens het altesaam 16 drieë in die proses ingeryg.

Gardens II en III het ook die klub se diepte onderstreep, met 45-0 en 20-0 seges oor hul onderskeie teenstanders.

’n Span wat steeds stewig in die wedloop is om vanjaar Streekglorie te behaal, is die huidige kampioen Riverstones. Riverstones het die afgelope naweek ’n 28-17 oorwinning oor Laer Paarl behaal.

Laer Paarl se tweedes het 24-12 geseëvier en Riverstones III het 5-0 gewen.

In nóg ’n wedstryd wat op die Dal beslis is, het Simondium met 20-16 afgereken met Violets.

Violets, wat nog nie vanjaar lekker op dreef kon kom nie, se tweede (7-12) en derde (6-36) spanne het ook vasgeval.

Violets sal egter eerskomende naweek op die wenpad wil kom in ’n wegwedstryd teen Allandale.

Die bus vertrek 12:00 vanaf Groenheuwel (Dalweide kliniek) teen R15 per persoon. Violets hou op 28 Mei ’n hoenderbraai teen R35 per bord by die woning van R Uren (kontak 082-228-0470).

Albions Rugbyklub het ’n 20-15 sege behaal oor die span van Windmeul United.

* Eerskomende Saterdag (22/05/2010) se wedstrydbepalings is: Albions vs Standards (Daljosafat-stadion); Laer Paarl vs Pêrel United (Dal D); Vineyards vs Young Gardens (Dal C); Allandale vs Violets (Drakenstein); Simondium vs Windmeul (Simondium).



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za