SMS
2010-05-27
* My kind se kontrakfoon was gesteel en die SAPD het nie belang gestel om iets te doen. * Toe my dogter se selfoon by haar skool gesteel is wou die polisie dit nie trace nie omdat daar glo nie ’n ernstige misdaad bv moord betrokke was nie. * Dankie aan die personeel van Paarl MediCinic ICU, wat die naweek van 1 Mei aan diens was vir hulle uitstekende diens toe ons dogter siek was - Hendricks-familie. * Donderdag 13 Mei is my swart leer handsak van sentimentele waarde uit my kantoor in Hoofstraat, Paarl, gesteel. As u iets gesien het, kontak my asseblief by 021-872-7020. * Haastige meneer met blou CJ Golf (jou nommer begin met 514), jy is ’n gevaar vir ander mense.
More
News
|